Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERTROUE EN VREES
God het vir Josua gesê dat hy nie moet bang wees nie en op Hom moet vertrou. Hierdie woorde is ook vandag in ons lewens van toepassing. Vertroue in God is die sleutel van hoe ons vrees by ons werk, in ons verhoudings en in ouerskap kan oorkom. Enigiemand wat 'n tweejarige of tiener grootgemaak het, sal weet wat dit beteken om bang en moedeloos te wees! God stel nie bloot voor dat ons dapper moet wees nie — dit is sy bevél aan ons.
Hoe kan ons die soort geloof kweek wat vrees oorkom — vrees dat ons kinders sal seerkry of dat ander hulle sal seermaak, dat hulle dwelms sal gebruik, dat hulle met seks sal eksperimenteer of dat hulle nie die Here sal leer ken nie? Vertroue in God ontwikkel namate ons sy Woord gehoorsaam en sy liefde ervaar. Ons mag dalk nie God se doel in sommige gebeure raaksien nie, maar ons sal vrede ervaar as ons Hom ken.
Om op God te vertrou is die enigste manier om vrees vir ouerskap te oorkom.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com