Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 50 VAN 280

DIE SEKERHEID VAN ONS HOOP

Ons kan nou met vreugde lewe as ons weet dat die toekoms verseker is. As Christen ouers kan ons die lewe se beproewings met 'n kalm versekering aandurf, omdat ons weet dat niks op aarde ons kan weerhou van 'n ewigheid saam met God nie. Dra hierdie boodskap van hoop aan jou kinders oor as hulle teleurstellings soos slegte punte, verlore wedstryde, liefdesteleurstellings of rusies met vriende ervaar.

Die manier waarop ons op alledaagse uitdagings reageer, is 'n aanduiding van ons geloof in God. Soms vergeet ons wat die uiteinde gaan wees vir hulle wat op die Here bly vertrou. Ons leef en regeer met Hom en vir Hom. Ons toekoms is verseker.

Wees bly in die hoop wat jy in die toekoms het, terwyl jy beproewinge of suksesse ervaar en leer dit ook vir jou kinders.
Dag 49Dag 51

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com