Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 51 VAN 280

DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES

Die Israeliete wat oorgebly het van die ballingskap in Babilon, het na Jerusalem teruggekeer en die tempel probeer herbou, maar hulle het mismoedig geraak. Hulle het nie die fisieke krag of die mag van 'n weermag gehad om die taak te voltooi nie. God het hulle egter daaraan herinner dat dit nie 'n mens se krag of mag was wat sy wil sou laat geskied nie, maar die Heilige Gees. Na hierdie bemoediging was Serubbabel en sy mense in staat om die tempel te herbou.

Ons samelewing skryf voor dat ons geld, mag, skoonheid en roem moet hê om suksesvol te wees. God werk egter dikwels deur die nietiges en swakkeres om sy doel te bereik. Hy vra dat ons op sy krag staatmaak en nie ons eie nie. Wanneer ons vrede maak met ons swakhede, kan ons sy krag ontvang.

Ouers moet op God se krag staatmaak en nie op hulle eie krag nie.
Dag 50Dag 52

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com