Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

TOTALE BEHEER IS NIE MOONTLIK NIE
God forseer Homself nie op ons nie. Selfs wanneer die gevolge baie belangrik is, gee Hy nog steeds vir ons die keuse om te gehoorsaam of nie. Hoe hartverskeurend moet dit nie vir Hom wees as sy kinders eerder die dood as die lewe kies nie.
Ons kan onsself daarmee vereenselwig as ons kyk hoe ons kinders selfvernietigende keuses maak vir tydelike plesier. Elke Christen-ouer wil hê dat sy kinders die lewe moet kies. Die voorbeeld wat ons stel en die manier waarop ons ons kinders grootmaak, het 'n enorme invloed op hulle, maar ons sal nooit totale beheer hê nie. Ten spyte van ons beste pogings, sal ons uiteindelik moet aanvaar dat ons nie 'n intieme verhouding met die Here op ons kinders kan afdwing nie. Dit is hulle eie keuse.
Goeie ouerskap is nie 'n waarborg vir goeie resultate nie. Daarvoor moet ons die Here vertrou.

Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com