Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 10 VAN 10

Ons Harte Het God Nodig

Dit is die tiende en laaste dag van ons leesplan oor die — hart. Na alles waarna ons gekyk het, is daar net een finale vraag wat ons moet vra. Kan ons ons eie harte verander? 

Is ons in staat om die innerlike werk te doen om ons harte te herskep — wat noodsaaklik is om God te volg, Jesus te aanbid en na die Gees te luister? Die antwoord is nee. 

Ons vind 'n vreemde stelling in die boek Deuteronomium nadat God vir die volk Israel al die nodige wette gegee het om na te kom sodat hulle in gemeenskap met Hom kan bly. 

"En tog het die Here tot nou toe nie vir julle verstand gegee om te verstaan, oë om te sien en ore om te luister nie" (29:4). 

Israel kon God nie verstaan nie, ook nie werklik na sy opdragte luister op 'n manier om dit te kan gehoorsaam nie. Hoekom? Omdat hulle harte nie reg was nie. 

Na hierdie vers vertel God hulle dat hulle in die nabye toekoms sy verbond sou verbreek en aan sy toorn onderwerp sal word. Jou waarlik waar, as ons die res van die Bybel lees, besef ons dit is presies wat gebeur het. 

Watter hoop het hulle dan gehad? Watter hoop het ons? As ons nie in staat is om God se opdragte uit te voer nie en nie in die regte verhouding met Hom kan bly nie, wat kan hulle — of ons doen? 

Ons harte moet vernuwe word. 

Gelukkig sien ons in die volgende hoofstuk van Deuteronomium dat God 'n belofte maak om ons harte te vernuwe. Dit is ons Bybelteks vir vandag. 

God sê dat Hy ons harte sal besny sodat ons Hom sal liefhê. God self moet en sal 'n innerlike operasie op ons uitvoer. Hy sal ons harte vernuwe. 

Dit is wat Jesus vir ons doen deur die werk van die Heilige Gees. As jy jou geloof in Jesus en die evangelie plaas, dan het jy alreeds 'n gedeelte van die werk ervaar. Ons kan nie in Jesus glo sonder die innerlike werking van die Heilige Gees nie. 

God werk daagliks voortdurend aan ons. Hy opereer daagliks ons harte. Die doel van die operasie word aan ons in hierdie vers openbaar — sodat ons Hom met ons hele harte kan liefhê. 

Wil jy jou hart vernuwe? Roep uit na God en vra Hom om dit te vernuwe. Slegs Hy kan dit doen. 

Die enigste ander ding wat nog gedoen moet word, is om al jou liefde aan God deur Christus te bewys. Dink aan alles wat Hy vir jou aan die kruis gedoen het. Dink aan die feit dat Hy terugkom sodat jy vir ewig by Hom kan woon. Namate jou liefde vir God groei, sal jou hart aanhou om vernuwe te word. 

Verheug jou in die evangelie en God sal jou hart herbedraad. 

Vir meer inligting oor hierdie idee wil ek jou uitnooi om my boek te lees — "Rewire Your Heart".

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leesplan, gebaseer op die boek "Rewire Your Heart", gaan ons na sommige van die belangrikste verse oor jou hart kyk wat jou sal help ontdek hoe om sonde te beveg deur die evangelie toe te laat om jou hart te herbedraad.

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT