Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld
Alles Kom Uit Die Hart
Alles wat ons doen kom uit ons harte.
Een van die bondigste maniere waarop die Bybel hierdie waarheid verklaar, vind ons in Spreuke 4:23. Die idee kan so bondig verklaar word omdat daar twee keer van beeldspraak gebruik gemaak word. Die eerste beeldspraak is baie bekend aan ons — dit verwys na jou hart.
Vir die skrywer van Spreuke en sy oorspronklike hoorders is die hart die middelpunt van die mens. Die hart bevat die denke, vrye wil, gewete en meer.
Die tweede gebruik van beeldspraak is ook nie te moeilik om te verstaan nie. Dit kombineer twee woorde in die oorspronklike Hebreeuse taal. Die eerste woord gee die idee weer van die plek waar alles begin het, hulle oorsprong, beginpunt of vanwaar alle dinge voortgevloei het. In die tweede woord word lewe weergegee. Dus word hierdie beeldspraak gebruik om 'n rivier van lewe of die plek aan te dui vanwaar alle lewe voortvloei.
Wanneer jy dan die twee beelde bymekaar bring, kry jy 'n prentjie van alle lewe wat voortvloei uit die beginpunt van die hart.
Volgens hierdie vers word alles wat ons doen, gemotiveer deur ons liefde en haat, neigings en gevoelens, ons begeertes en emosies.
As gevolg hiervan, pleit die skrywer van Spreuke dat ons oor ons harte moet waak. Hoe doen ons dit? Met hierdie begrip in gedagte, is die antwoord eenvoudig — soek na wysheid.
Die boek Spreuke is vol van die dinge waarvan ons moet wegbly en dinge wat ons moet nastreef. Maar bo alles, moet ons kennis neem dat — wysheid — in Spreuke 'n karakter is. Sy is iemand na wie ons soek en iemand wat na ons toe kom.
Bybelgeleerdes het lankal opgemerk dat Jesus die finale verpersoonliking van wysheid is. Hy is die Een wat God aan ons openbaar. Hy is die Een wat ons harte met sy Gees kom verander. Hy is die Woord van God wat na ons toe kom. Hy is God se aangesig wat ons opsoek.
Hoe is ons versigtig met wat in ons harte omgaan? Ons soek vir Jesus op. Ons jubel in die waarheid van die evangelie. Ons dink na oor die gawe van die kruis. Ons verheug ons in die krag van die opstanding. Ons luister na die onderrig wat oor sy lippe kom. Ons volg die stem van sy Gees. Ons wag gretig vir sy terugkeer en sy volle en finale teenwoordigheid.
Alles wat jy doen kom uit die hart. Wil jy verander wat jy doen? Soek dan vir Jesus op en Hy sal jou hart bewaak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leesplan, gebaseer op die boek "Rewire Your Heart", gaan ons na sommige van die belangrikste verse oor jou hart kyk wat jou sal help ontdek hoe om sonde te beveg deur die evangelie toe te laat om jou hart te herbedraad.
More