Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 8 VAN 10

Die Ou Testament Teenoor Die Nuwe Testament

Wat is die verskil tussen die Ou en die Nuwe Testamente? 

Die eerste ding om uit te wys is die woord "testament" wat "verbond" beteken. Dus is die regte vraag eintlik: "wat is die verskil tussen die ou en die nuwe verbonde?" 

Die waarheid is dat daar verskeie verskille is. Die grootste verskil word deur Jeremia 31:31-34 aangeroer, wat die hart is. 

Die ou verbond is die een wat vir Moses en die volk Israel na hul uittog uit Egipte gegee is. Hierdie verbond is deur 'n wet vergesel wat die bekende tien gebooie insluit. Indien Israel die wet onderhou het, sou hulle toegelaat word om in God se teenwoordigheid en in 'n verhouding met Hom te bly. 

Israel het egter nie die verbond nagekom nie. Hulle het gereeld God se wet verbreek. 

Hoekom kon hulle nie die verbond nakom nie? Omdat die wet uiterlik was. Dit was nie innerlik nie. 

Die nuwe verbond sou anders wees. God sou die wet van hierdie verbond op sy volk se harte skryf. Dit sou dus innerlik wees. 

Wette wat uiterlik is, kan nie die innerlike verander nie. Daar moet 'n verandering aan die innerlike kom om aan die uiterlike wet gehoorsaam te wees. 

Ons probeer voortdurend om onsself met uiterlike invloede te verander. Deur allerhande reëls, dissiplines, roetines en beperkings probeer ons om ons dade te verander. Ons probeer om teen sonde te stry, om heilig te word en ons gedrag deur wette buite onsself te herskep. Maar dit sal nooit werk nie. 

Wette kan nie ons harte verander nie. 

Hoe gebruik God dus die nuwe verbond om ons harte te verander? Hy vervul al die vereistes van die verbond vir ons in Jesus. Jesus het onder die vloek van die wet, wat ons verdien het, gesterf; en het vir ons die seëninge van die verbond gegee wat Hy daardeur verdien het. Hy het dit ten koste van sy lewe aan die kruis vir ons gedoen. So 'n offer roer ons harte op 'n nuwe manier. 

Dit is nie net by die aanhoor van hierdie evangelie verhaal wat ons harte verander nie. Iets anders moet ook gebeur. Per slot van rekening is die Israeliete van die Egiptenare gered, maar hul harte het teenoor God verhard gebly. 

Iets moes met ons gebeur het. Dit is waarom God vir ons die Heilige Gees gee. Die Gees verander ons harte om die evangelie te glo, die evangelie te geniet en om as gevolg van die evangelie, op God te reageer. 

Die verskil tussen die Ou en die Nuwe Testamente is dus dat die nuwe verbond ons harte verander sodat ons God uiteindelik vryelik kan gehoorsaam.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leesplan, gebaseer op die boek "Rewire Your Heart", gaan ons na sommige van die belangrikste verse oor jou hart kyk wat jou sal help ontdek hoe om sonde te beveg deur die evangelie toe te laat om jou hart te herbedraad.

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT