Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld
God Wil Jou Hart Hê
Wat verlang God van ons? Wat wil Hy van ons hê? Wil Hy 'n lied op Sondae hê of saans 'n mooi gebed? Ek dink ons almal weet dat die antwoord nee is. God wil ons harte hê.
Een van die duidelikste gedeeltes in die Bybel waar ons hierdie waarheid leer, is in Jesaja. Daar beskryf sy profeet 'n beleg wat na Jerusalem op pad is.
Nietemin, ongeag hoeveel keer die mense Jesaja se woorde en God se openbaring hoor, sal hulle nie regtig luister nie. Hulle sal soos 'n mens wees wat 'n verseëlde boek ontvang, maar dit nie kan oopmaak nie of soos iemand wat 'n boek ontvang, maar nie kan lees nie (Jesaja 29:11-12).
Hoekom dan die komende straf? Waarom kan die mense nie die visioene en waarskuwings van God verstaan nie?
Hier kry ons die helder prentjie van wat God van ons verlang. Die rede is:
"Die Here het gesê: 'Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie'" (Jesaja 29:13).
God straf sy mense en maak hulle blind omdat hulle godsdiens net 'n vertoon is, maar hulle harte is nie daarin nie. Hulle kom na God toe en prys Hom en sê al die regte woorde, maar God het nie hulle innerlike self nie, naamlik hulle harte.
God wil jou hart hê, nie jou mond nie. Hy wil jou toegeneentheid, passies, begeertes en verlange hê. God wil jou behoeftes hê. Hy sal nie tevrede wees voordat Hy dit het nie.
Hoekom nie? Want Hy weet, slegs wanneer jy Hom begeer, sal jy iets begeer wat goed is. Nie net sal jy dan iets goeds begeer nie, trouens nie net die enigste goeie nie, maar die allerbeste. God wil jou behoeftes hê, want Hy wil jou allerbeste hê.
Hoe kan Hy jou hart kry? Wel, hoe het Hy beplan om die harte van die eiesinnige mense in Jesaja se dag te kry?
Hy sal wonders doen (Jesaja 29:14 NLV). Hierdie wonders was egter nie mooi nie, maar ongehoorde dade van oordeel. Die rede is omdat mense nader aan God beweeg met hulle monde, maar nie hulle harte nie, want hulle vrees vir God was vals. Dit was omdat: "hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie" (29:13).
God sal dus hulle harte vervul met ware vrees. Dit mag dalk hardvogtig klink, maar God wil hulle harte hê. Hy sal Homself aan hulle openbaar op die enigste manier wat hulle sal verander.
Vandag verander God harte nog op dieselfde manier. Hy wys Homself aan ons op ongehoorde maniere. Die mees ongehoorde manier waarop Hy Homself aan ons openbaar, is deur oordeel en straf. Hierdie keer het die oordeel en straf nie op ons, wat dit verdien, neergekom nie. God se toorn het op Jesus neergekom, Hy het ons straf gedra, al het Hy dit nie verdien nie.
Is jou hart ver van God af alhoewel jou mond naby Hom is? Wil jy dit verander? Kyk na Jesus! Kyk hoe God Homself aan jou deur Christus openbaar! Laat toe dat die vrees en liefde vir God jou hart deurboor deur diep in die waarheid van die evangelie te kyk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leesplan, gebaseer op die boek "Rewire Your Heart", gaan ons na sommige van die belangrikste verse oor jou hart kyk wat jou sal help ontdek hoe om sonde te beveg deur die evangelie toe te laat om jou hart te herbedraad.
More