121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 11 VAN 24

Hoe Lewe Ons In Vrede Met Ander Mense?

Die Berlynse muur, wat vir 30 jaar gestaan het, het gesinne, vriende en mede-volksgenote van mekaar geskei. Die stad was in twee verdeel deur die betonmuur en doringdraad. Met hierdie muur was vrede onmoontlik. Ongeag die vyandige gesindheid wat alomteenwoordig was, kon hierdie mense, wat deur die muur geskei is, nie met mekaar sosialiseer nie. Op 9 November 1989 het die muur "omgeval" en Berlyners was vry om deur die voorheen geslote hekke te beweeg. Miljoene mense het begin feesvier en gesing "Maak oop die hek!” Uiteindelik kon verhoudings herstel word en was vrede moontlik.

Die Berlynse muur was 'n letterlike muur was wat 'n fisiese skeiding tussen mense was. Ons bou dikwels vyandige mure in ons harte wat ons van ander skei. Die vyandige gesindheid wat ons opbou is nie letterlik nie, maar het net soveel krag as 'n fisiese muur wat ons kan verhoed om in vrede met ander mense te lewe.

Jesus het egter alles verander. Deur sy dood aan die kruis, het Hy skuld en sonde vir altyd verwyder en vrede gebring vir almal wat Hom met hulle lewens vertrou. Almal wat nou aan Hom behoort is verenig in een familie en Jesus het alle mure van vyandigheid verwyder wat ons verhoed het om in vrede met mekaar te leef. As ons dink aan wat Jesus gedoen het om vrede in ons eie lewens te bewerkstellig, dan dwing dit ons om in vrede met ons medemens te leef!

Gesinne Met Jong Kinders

Lees Psalm 29:11. KINDERS, Hoe ouer julle word, hoe meer gaan julle konflik ondervind. Weet julle wat konflik is? Konflik ontstaan wanneer mense nie kan saamstem oor iets nie en dan raak hulle kwaaivriende. In hierdie gevalle is dit ons plig om as vredemakers op te tree. Hoe kan jy 'n vredemaker wees? Dink aan Jesus wat jou helper is. Hy kan jou help om 'n plan te maak om mense te help om vrede te maak. Om 'n vredemaker te wees beteken nie jy moet nie meer staan vir dit waarin jy glo nie. Dit beteken jy kan 'n kalmerende uitwerking hê in 'n situasie waar daar 'n vyandige gesindheid tussen mense is. Met die hulp van die Here sal jy weet wat om te sê in moeilike situasies. Jesus se vrede sal vrees en bekommernis vervang en deur die vrede wat Hy vir ons gebring het, kan ons ook vredemakers vir ander wees.

Het jy jouself al in 'n situasie bevind waar jy as 'n vredemaker moes optree? Was daar 'n tyd waar iemand anders vir jou ingestaan het as 'n vredemaker?

Lees Lukas 2:13-14. KINDERS: Jesus het gekom om ons die weg te wys. Hy het gekom om vir ons vrede te bring. Dit is sy begeerte dat ons in vrede met mekaar sal lewe. Maak tyd om vanaand saam met jou gesin na jou gunsteling Kersliedere te luister! Wanneer jy bid, vra God om jou te help om aan ander vrede te bewys. Sê vir Hom dankie dat Hy sy Seun Jesus gestuur het om vir ons vrede te bring. Dank God dat Hy vir ons die Kersseisoen gegee het om Jesus te vier!

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/