Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 14 VAN 24

Wat is Vreugde?


Vreugde word dikwels gedefinieer as "'n gevoel van uitbundige plesier en geluk." Telkemale verwar ons vreugde met geluk, en dan dink ons iemand moet vol vreugde wees as hulle die hele dag gelukkig lyk, maar dit is nie hoe die Bybel dit definieer nie.


Indien ons glo dat God in beheer van alles is, insluitend die kleinste besonderhede van ons lewens, kan ons verseker wees dat Hy altyd aan die werk is om ons in alle situasies nader aan Hom te trek. Nie net gaan dit ons aanspoor om aan Hom lof te bring nie, dit gaan vir ons ook ware vreugde bring.


Vreugde is meer as net 'n emosie. Dit is 'n doelbewuste keuse om op God te vertrou ongeag die omstandighede waarin ons onsself bevind.


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Filippense 4:4-7. Praat vir 'n paar minute oor die betekenis van ware vreugde. Wanneer sê Bybel vir ons om vreugdevol te wees? (altyd) Hoekom sê die Bybel ons moet vreugdevol wees? (omdat ons aan die Here behoort)


KINDERS, die meeste mense voel gelukkig wanneer alles goed verloop, maar wanneer hulle omstandighede moeilik raak of iets sleg gebeur met hulle, voel hulle gefrustreerd of hartseer. Hulle verwar egter geluk met wat ware vreugde is. Ons moet onthou wat ons in Filippense 4 gelees het, dat ons vreugde afkomstig is van God omdat ons aan Hom behoort. Selfs wanneer dit nie met ons baie goed gaan nie, kan ons ware vreugde hê omdat ons weet ons behoort aan Hom, en ons kan op God vertrou in alle omstandighede.


Lees Lukas 2:10-11. Watter soort nuus het die engel gebring? (goeie nuus wat groot VREUGDE bring!) Vir wie was die nuus? (vir alle mense) Wat was die nuus? ('n Redder is gebore!) Waar kom jou vreugde vandaan in hierdie Adventtydperk? Van dit wat om jou aan die gang is of van die goeie nuus dat die Redder gebore is en jy aan Hom behoort?


Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid