Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 15 VAN 24

Hoekom Vreugde?


As ons dus ware vreugde ken, hoekom is dit belangrik?


Wanneer volgelinge van Jesus met vreugde vervul is en dit begin wys, verkondig ons aan die wêreld dat ons kan jubel in alle omstandighede (Filippense 4:4) en ons verklaar die heerlikheid van God met 'n jubelende stem (Psalm 47:2). Dit sal nie altyd goed gaan nie, maar ons kan vertrou op God om ons te verlos, en ons kan met vreugde deur ons beproewinge gaan omdat daar so baie vir ons gedoen is deur die werk wat Jesus voltooi het toe Hy op die aarde was. Wanneer ons met lang gesigte rondloop verklaar ons dat dit wat Jesus vir ons gedoen het nie genoeg was nie. Daarom is dit belangrik dat ons elke dag kies om met vreugde te leef. Daar is niks waarmee Jesus nie met ons kan vereenselwig nie en waardeur Hy ons nie sal help nie.


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Jakobus 1:2. KINDERS: Hoekom dink julle vreugde is belangrik? Dink julle ons lyk anders as mense om ons wanneer ons vreugdevol is, selfs wanneer dit nie so goed met ons gaan nie? Wat sê Jakobus 1:2 gebeur as ons aan ons probleme dink as vreugde? (dit stel ons in staat om te volhard)


KINDERS: Wanneer ons onthou dat ons vreugde afkomstig is van die feit dat ons aan die Here behoort, kan ons verseker wees dat in tye van moeilikheid Hy alles ten goede sal laat meewerk. Wanneer ons kies om in vreugde te leef, kan ons 'n getuie aan die mense om ons wees van die vertroue wat ons het omdat ons Jesus ken en ook omdat ons aan Hom behoort!


Ek hou van die liedjie "Lofsing die Heer …" "Lofsing die Here die ewige sing tot sy ere! Lofsing die Koning die Skepper die Vader die Here. Loof almal saam groot is sy Heilige Naam. Loof Hom die Heer van die Here …" Maak tyd om hierdie bekende lied saam met jou gesin te sing. Sluit die dag af deur te praat oor maniere hoe God julle kan gebruik om vreugde aan diegene om jou in hierdie Adventtydperk te bring.


Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid