121 AdventVoorbeeld
![121 Advent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1267%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sinisme: ‘n Hindernis Vir Vreugde
Al is vreugde is ‘n wonderlike ding waardeur ons ons vertroue in God uitleef, word ons vreugde soms belemmer deur 'n siniese ingesteldheid. As ons nie op ‘n daaglikse basis tyd deurbring met God in gebed of deur die Bybel te lees of die evangelie van God met ander te deel nie, word ons vasgevang in ons eie wêreld en raak ons selfsugtig. Wanneer slegte goed oor ons pad kom sal ons vinnig daaroor kla en met die verloop van tyd sal ons sinies raak.
Dink bietjie daaroor: Wanneer jy tussen mense is wat vol vreugde is, kan dit ‘n positiewe uitwerking op jou hê en letterlik jou dag verander. Net so wanneer jy saam met iemand is wat negatief is kan dit dieselfde uitwerking hê op jou gemoed en jou dag baie negatief beïnvloed. Ons is nie altyd bewus van die uitwerking van ons gemoed op ander mense nie.
As volgelinge van Jesus, het ons al die redes in die wêreld om vreugde te hê. As ons sinies is, vertrou ons nie op Hom nie en het ons vergeet wat Hy vir ons gedoen het. As ons sinies word, is ons eie belange al waaroor ons dink. Wees dus gretig en ywerig om jou verhouding met Jesus te verdiep. Dan gaan jy beloon word met ware sielevreugde.
Gesinne Met Jong Kinders
Lees 1 Petrus 1:8-9. KINDERS: Waarmee is ons vervul volgens hierdie verse? (’n heerlike blydskap)
Wat is die rede vir hierdie heerlike blydskap? In hierdie verse lees ons dat ons bly kan wees oor ‘n Redder wat ons nog nooit gesien het nie. Selfs al kan ons Jesus nie sien nie, glo ons dat Hy gekom het om vir elkeen van ons te sterf. Daarom het ons blydskap en vreugde! Hoekom? Omdat Jesus ons gered het. Ons het hoop. Ons het ‘n toekoms. Ons het ‘n rede om vervul te wees met blydskap! Selfs op ‘n verskriklike slegte dag het ons steeds rede om met vreugde vervul te wees. Slegte dae kan nie die gawe van Jesus in ons lewens wegvat nie, dus moet ons ook nie toelaat dat ‘n slegte dag ons blydskap steel nie.
Maak tyd as ‘n gesin om ‘n lysie te maak van al die redes wat julle het om met blydskap vervul te wees. Plak die lysie op ‘n plek waar almal dit elke dag kan sien en herinner word aan die vreugde wat ons in hierdie Kerstyd in Jesus het.
Aangaande hierdie leesplan
![121 Advent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1267%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.
More