121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 23 VAN 24

Hoe Lewe Ons Dit Uit?

Ons vermoë om lief te hê, is ten volle en heeltemal afhanklik van die genade van God wat gelukkig vir ons, ewigdurend en baie groter is as ons menslike vermoëns of begrip. Ons moet versigtig wees om liefde nie net te definieer op grond van ons vermoë om dit te kies of daaroor te besluit nie, terwyl dit 'n belangrike aspek vir ons as gelowiges is om 'n lewe van liefde te leef. In so 'n geval sal dit egter liefde oorlaat aan die genade van ons vermoë, wat nie liefde in die volle sin van sy betekenis is nie. Dus moet ons eers afhanklik wees van God se genade, ons moet God liefhê deur ons geloof en om op Hom te vertrou. Dan moet ons ook daagliks in sy liefde bly, om dit nie te vergeet of mislei te word deur diegene wat dit teëstaan nie.

Jesus sê vir ons dat ons, na 'n ervaring van sy liefde, ander moet liefhê. As gelowiges bind hierdie liefde ons, sy kerk, as ons mekaar aanspoor tot liefde en goeie dade (Hebreërs 10:23-25). Aan diegene wat ver verwyder is van God is ons liefde vir mekaar sigbaar en dit onderskei ons (Johannes 13:34-35). God toon sy liefde aan die wêreld deur ons, ons het ander lief soos Hy ons liefgehad het. Dit is geen verrassing dat dit is waartoe Christus ons roep nie, gegewe die skerp verskil tussen sy liefde — sonder selfmotivering en begeertes — en die liefde wat die wêreld ken, wat dikwels bloot 'n vlietende emosie kan wees wat aangedryf word deur 'n begeerte om liefde terug te ontvang in ruil daarvoor.

"Die liefde van God is nie dat God baie van ons maak nie, maar dat God ons red van selfgesentreerdheid sodat ons dit kan geniet om vir altyd baie van Hom te maak. Ons liefde vir ander is nie ons wat baie van hulle maak nie, maar om hulle te help om bevrediging te vind om baie van God te maak. Ware liefde het ten doel om mense in die heerlikheid van God te bevredig. Enige liefde wat op die mens eindig, is uiteindelik vernietigend. Dit lei mense nie na die enigste blywende vreugde, naamlik God nie. Liefde moet God-gesentreerd wees, of dit is nie ware liefde nie; dit laat mense sonder hul finale hoop op vreugde” John Piper.

Hoe kan ons die liefde van Christus weggee? Hoe kan ons dit aan ander bewys?

Gesinne Met Jong Kinders

Lees Lukas 15:11-31. KINDERS: God se liefde is so anders as ons liefde.Ons voel nie altyd liefde of bewys liefde teenoor ander nie. God het ons altyd lief, onvoorwaardelik! Hoekom het die jong seun in die Bybelverhaal huistoe gekom? (hy het al sy geld uitgegee en gedink hy kan vir sy pa kom werk) Het die jong seun gedink sy pa sal hom vergewe? (nee) Wat het sy pa gedoen? (hy het hom verwelkom en vir hom ‘n fees gehou) Hoekom het die pa sy jong seun verwelkom? (hy het hom liefgehad, net soos God ons liefhet)

Noem maniere waarop jy die liefde van Christus aan ander kan wys. Kersfees is oor twee dae en God het vir ons sy liefde gewys deur vir ons die beste geskenk te gee. Wat was daardie geskenk? (Jesus)

Bid en vra God om jou te wys hoe om liefde aan ander te betoon. Bid vir hulle wat ‘n behoefte aan liefde het. Dank God dat Jesus die rede is vir hierdie Kerstyd. Dank God dat jy ‘n gesin het om lief te hê en wat ook vir jou lief is.

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/