121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 12 VAN 24

Hoe Wys Ons Vrede Aan Die Wêreld?

In Paulus se brief aan die Filippense, het hy daarop aangedring dat hulle Christus se gesindheid moet hê, 'n houding van nederigheid (Filippense 2:1-11). Nederigheid is om ander belangriker as jouself te ag. Dit gaan nie daaroor om minder van jouself te dink nie, maar eerder om minder aan jouself te dink sodat sodat jy meer aan ander kan dink.

Jesus het gekom om vir ons vrede te bring, om ons gebroke verhouding met God te herstel en Hy los ons hier as sy verteenwoordigers, sy gesante van versoening (2 Korintiërs 5:17-21). Ons het 'n verpligting om ander meer belangrik as onsself te ag en aan hulle die hoop te bring dat hulle ook met God kan versoen en dat hulle ook vrede met hulle Skepper kan hê.

Hoe kan ons dit doen? Ons moet liefhê soos Jesus liefgehad het — onvoorwaardelik. Bring vrede soos Jesus vrede gebring het. Gee om vir ander en bid vir hulle vrede. Wanneer ons met opregte bedoelings probeer om ander op te hef en hulle lewens beter te maak, gaan vrede natuurlik volg.

Gesinne Met Jong Kinders

Lees Matteus 5:9. KINDERS: Wat is die wêreld se norm vir vrede? (om te gaan vir 'n spa behandeling; ontspan op 'n strand; lees 'n goeie boek; ens.) Daar is geen fout met enige van hierdie aktiwiteite nie, maar wat is God se norm vir vrede? (deur Jesus) Deur ander te vertel van Jesus kan ons hulle laat verstaan dat ware vrede net deur Jesus kan kom. Dink aan maniere hoe jy die goeie nuus van God se ware vreugde met ander kan deel.

Lees Lukas 2:15-18. KINDERS: Die skaapwagters was baie opgewonde en hulle het ander mense ook opgewonde gemaak toe hulle die goeie nuus gedeel het. Wat was die goeie nuus wat hulle gedeel het? (dat Jesus gebore is) Was die nuus van Jesus se geboorte 'n verrassing vir almal? (nee, vir eeue het die profete dit al voorspel) Indien jy een van die herders was, vir wie sou jy die nuus vertel het en hoe sou jy dit gedoen het? Gee voor dat jy een van die herders is en wys hoe jy dit sou gedoen het.

Wanneer jy bid, bedank God vir sy belofte om 'n Redder te stuur en sê dankie dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het. Vra Hom om jou te help om in vrede met ander te lewe.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/