Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 3 VAN 14

Hoop Is Om Te Verwag Dat Die Beste Nog Voorlê

Nie een van ons het al ooit met die gedagte wakker geword: "ek hoop ek het vandag 'n aaklige dag" nie. Ons mag dalk verwag dat die dag nie goed sal verloop nie of bekommerd wees dat iets slegs in die dag kan gebeur, maar hierdie emosies is nie hoop nie. Hoop is om te glo dat God alles vir ons ten goede laat meewerk.

In Lukas 1:39-56 skryf Maria 'n lied oor die wonderlike dinge wat God gedoen het en sal doen, in die verwagting dat die beste nog sal kom. Sy skryf dit nadat sy vir Elizabet gaan kuier het — vir wie God belowe het dat sy op 'n hoë ouderdom swanger sal raak. Maria se lied is nie blinde optimisme nie, maar die lied van 'n vrou wat hoop.

Daar is 'n verskil tussen om hoop te hê en om net vir iets te wens. Om 'n wens te hê, is 'n optimistiese gedagte wat geen optrede nodig het nie; hoop gaan egter oor vertroue. Om te wens die winkel sal jou gunsteling roomysgeur hê wanneer jy daar aankom, is net 'n gedagte. Hoop is om vooruit te bel, te hoor dit is in voorraad en dan te vertrou dat die bestuurder dit vir jou eenkant sal hou. Ons hoop is net so waardevol as die persoon of ding waarop ons dit plaas.

God kan nie leuens vertel nie. Wanneer Hy dus 'n belofte maak, kan ons seker wees dit sál waar word. Maria se lewe was nie altyd maklik nie. Sy was op die punt om 'n swanger, ongehude jong vrou te word. Sy het geen idee gehad dat sy 33 jaar later getuie sou wees van haar seun se kruisiging nie. Toe Jesus gesterf het, het sy nie geweet Hy sou uit die dood opstaan nie. God se getrouheid in die verlede het haar egter die selfvertroue gegee om haar hoop op Hom te plaas, ongeag haar omstandighede. Dit is wat ons ook hoop gee.

Ons is nie net optimisties as ons glo dat die beste nog voorlê nie. Soos Maria, kan ons hoop hê dat die beste nog voorlê omdat ons God so sê — en Hy kom altyd sy beloftes na.

Bid:

Jesus, baie dankie dat U my hoop gee as 'n anker vir my siel. U is 'n beloftemaker en 'n beloftehouer. Help my om dit vandag te onthou.

Oordink:

Is dit vir jou moeilik om te glo dat God altyd sal doen wat Hy belowe het? Hoekom of hoekom nie?
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc