Hoop IsVoorbeeld
Hoop Is Die Geloof Dat Enigiets Moontlik Is
Plaas jouself vir 'n oomblik in Maria se skoene. Jy is in jou kamer, laat in die aand, wanneer 'n engel uit die bloute verskyn en vir jou sê jy gaan swanger raak (sonder om gemeenskap te hê) en dat jou seun soos 'n koning sal regeer.
Om te sê dit is moeilik om te glo, is om dit ligweg te stel. Maar nadat sy hierdie verbysterende nuus ontvang het, het Maria nie getwyfel aan God se vervulling van sy beloftes nie. Haar enigste vraag is 'n praktiese een: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?” (Lukas 1:34). In stede daarvan om verstrengel te raak in vrae soos "Hoekom ek?" of "Is jy seker?", is Maria se reaksie: "Goed. Hoe gaan hierdie ding werk?"
In hierdie oomblik wys Maria vir ons wat dit beteken om in hoop te lewe. Om in hoop te lewe, is om te besef dat niks by God onmoontlik is nie. Dieselfde God wat 'n weg gebaan het vir 'n maagd om geboorte te skenk, wil vandag die onmoontlike in ons lewens doen. Die opstandige kind wat jou nag na nag laat wakker lê, is binne God se bereik. Die kanker wat 'n geliefde se lewe bedreig, is nie buite God se vermoë om te genees nie.
Terwyl sy in hoop gelewe het, het Maria God geglo en die teken nagestreef wat Hy aan haar gegee het. Ons hoopvolle lewens sien presies dieselfde daar uit — om te glo dat niks vir God onmoontlik is nie en om te doen wat God ons op die hart druk. Ons mag dalk nie weet hoe al die besonderhede gaan uitwerk nie, maar God doen altyd wat Hy gesê het Hy sal doen.
Bid:
Jesus, gee my die geloof om te glo dat niks onmoontlik is nie en die moed om dit wat vandag voor my is, aan te pak. Al mag ek dalk nie verstaan hoe alles inmekaar gaan pas nie, plaas ek my hoop in U.
Oordink:
Is daar 'n verlange wat God op jou hart gelê het wat onmoontlik lyk om te vervul? Hoe kan jy vandag die stap neem om jou geloof in aksie te laat oorgaan?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc