God se HartklopVoorbeeld

HEILIGE EEN
Psalm 99:5-6
O Vader, U is die heilige een — suiwer en perfek en kragtig — regverdig en glansryk en vol rykdom — majestueus en magtig en manjifiek. U heers; U is geklee met majesteit; U het Uself geklee en omgord met krag; die wêreld is inderdaad stewig gevestig, dit sal nie geskuif word nie. U troon is van ouds af gevestig; U is van ewigheid af. O heilige Vader, ek aanbid U met gebuigde knie. Ek prys U. Te midde van u heiligheid mediteer ek oor u onwrikbare liefde, u wonderlike liefde. Om te dink U het u perfekte, heilige Seun, Jesus Christus, gestuur sodat ek 'n manier het om met volle vrymoedigheid na u troon van genade te kom. Hier ontvang ek genade van U! O Koning, ek kom. Suiwer my lippe en laat my stem in harmonie met die hemelse leërskare gehoor word, al singende: "Heilig, Heilig, Heilig, is die Here die Almagtige God. Die hele aarde is vol van sy heerlikheid."
Chris Baxter 2014 — Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
