God se HartklopVoorbeeld

SON EN SKILD
Psalm 84:11
O Vader, U is my son en skild. U stralende lig bring helderheid en reiniging, terwyl u beskermende hand my voortdurend beskerm en lei. Laat my hoor hoe U elke oggend vir my siel sê: "Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood, en Christus sal jou lewe verlig." O Vader, net soos die son kragtig opkom oor die bergtoppe, kom asseblief, kom op, en kom wees pragtig lewend binne my! Laat u aangesig oor u dienskneg skyn; red my in u liefdevolle goedhartigheid. Rig my aangesig na U toe, die lewende God. Help my om die warmte en veiligheid wat in U alleen gevind word, te begeer. Ja, U is my son en skild. Ek verwag met nederige dankbaarheid u genadige ontferming, wat sowaar nooit ophou nie en u deernis wat nooit faal nie. Dit is nuut elke oggend. U trou is groot.
© Chris Baxter 2014 D Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
