God se HartklopVoorbeeld

VOLMAAKTE EEN
Matteus 5:48
O Vader, U is die volmaakte Een ... volmaak in krag, volmaak in skoonheid, volmaak in vrede, volmaak in geregtigheid, volmaak in liefde. Hemelse Vader, vra U my om volmaak te wees? Hoe kan ek selfs naastenby soos U wees? Is daar enige hoop vir die hart van die mens, wat meer bedrieglik as enigiets anders is en ongeneeslik? O Vader, U ken ons omstandighede en sien ons lot. Tog sê U aan ons elkeen se hart: "Kyk, my hand is nie te kort om te red nie. Ook is my oor nie te doof om te hoor nie. Maar jou ongeregtighede het 'n skeiding tussen jou en My gemaak, en jou sondes het my aangesig van jou verberg." O Vader, hier is my sonde. O Vader, neem asseblief my sonde weg! Ek prys U, Vader, vir u volmaakte oplossing vir die bedorwe hart van die mens. Aanskou die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dankie, Jesus, dat U, die Een wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is, gekom het om my siel te verlos! U kosbare bloed bedek my! Dus, net omdat U in my woon, kan ek volmaak wees, om U in krag, in skoonheid, in vrede, in geregtigheid en in liefde te weerspieël.
© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
