God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 10 VAN 30

RAADSMAN

Psalm 32:8

O Vader, U is die wyse Raadsman. Ek het U elke dag nodig; ek roep U aan; Ek vertrou op U. Help my om U te soek, om U met my hele hart te soek. Dankie vir u betroubare belofte dat ek U sal vind. God van wysheid, U weet watter planne U vir my het, planne vir voorspoed en nie teenspoed nie, om vir my 'n toekoms en verwagting te gee. Dankie vir hierdie waarheid, Vader. Gee vir my 'n hart wat U soek, en U alleen. Laat my u weë ken, o Here! Leer my u paaie. Lei my in u waarheid en onderrig my. Want U is die God van my heil. Vir U wag ek die hele dag. Help my om altyd te onthou en gehoorsaam te wees: U woord is 'n lamp vir my voete en 'n lig vir my pad. Vergewe my as ek elders soek! Ek bid dat U my na u lig sal bring. Ek hou aan die belofte in u Woord vas: Want wie het die gedagtes van die Here geken, dat hy Hom sou onderrig? Maar ons het die gedagtes van Christus! Hou my in u Woord, Vader, sodat my gedagtes, asook my pad, U s'n sal weerspieël.

© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com