God se HartklopVoorbeeld
HERE VAN DIE LEËRSKARE
Psalm 24:10
O Vader, U is die Here van die leërskare, die owerste van die leërs van engele! Hemelse en heilige God, deur geloof, verkies ek om in U — en ook in alle dinge van U — te glo — dinge wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie. Ek glo alles wat U voorberei het vir diegene wat U liefhet! U engele maak deel uit van u goddelike koninkryk, verlede, hede en toekoms; o God van hemel en aarde, u verborgenhede is wonderlik vir my! Ek kan nie die hemelse wesens of hul waens van vuur sien nie; maar ek weet dat U u engele bevel gee om 'n laer op te slaan rondom diegene wat u Naam eerbiedig. Ek kan ook nie die aanraking voel van engele se vlerke wat my omring nie, maar ek glo dat U aan hulle 'n bevel aangaande my gegee het, om my op al my weë te bewaar. Ek kan ook nie hul weergalose melodieë hoor nie; maar ek weet, o Here van die leërskare, hulle aanbid U die hele dag deur. Hoor ook my hart sing: "Eer aan God in die hoogste! U is lofwaardig! Loof die Here! Loof die Here van die hemele; prys Hom in die hoogtes! Prys Hom, al sy engele; sy leërskare, loof Hom!" Ja, solank as wat ek asem het, sal ek ook die Here prys!
© Chris Baxter 2014 — Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More