God se HartklopVoorbeeld
ALLERHOOGSTE GOD
Daniël 4: 2
O Vader, U is die Allerhoogste God! Hoe groot is u tekens, en hoe magtig is u wonders! U koninkryk is 'n ewige koninkryk, en u heerskappy is van geslag tot geslag. Ek loof U; ek verhef U; in nederigheid buig ek voor U. Ek koester u wonders van ouds: skepper van die aarde en volhouer van die hele mensdom, meester van tyd en maker van konings en koninkryke. Niks ontsnap U nie! U het elke ding in die regte plek geplaas, van die eerste dag tot die laaste. U regeer; laat die aarde juig ... reg en geregtigheid is die grondslag van u troon. Allerhoogste God, wie is ek om in u teenwoordigheid te wees of 'n rol in u koninkryk te speel? Om te dink, as gevolg van u grootse wonder, Jesus, Koning van liefde, het ek die reg ontvang om u kind te word! Ek buig my aangesig na die grond; ek is verstom; ek is in verwondering. Hef my open ek sal U dank met my hele hart; ek sal van al u wonders vertel. Ek sal bly wees en U verhef; ek wil tot eer van u Naam psalmsing, o Allerhoogste.
(Kursiewe woorde is gedeeltes van die Skrif wat uit die NLV weergawe geneem word. Verwysings, wat onder die verwysingsbladsy verskyn, is in die volgorde waarin hulle in die oordenkingsgebed voorkom.)
© Chris Baxter 2014 — Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More