God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 3 VAN 30

DAPPER SOLDAAT

Jesaja 42:13

O Vader, U is 'n dapper soldaat! U verteenwoordig geregtigheid, vrede en vreugde wat U vryelik gee aan almal wat glo in U. Ek dank U, Jesus, my Verlosser, dat U in die voorste linie van die geveg staan, sodat ek nou en vir altyd 'n oorvloedige lewe in u koninkryk kan hê! Ek bid dat U my sal beskerm; want die vyand is woedend omdat U siele met u liefde verower. In die hemel en op aarde, in harte en gedagtes, word die oorlog steeds gevoer ... Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke heerser, gesag en bose mag in hierdie donker wêreld. Beskerm my teen die vurige pyle van vrees, ontsteltenis, verwarring en twyfel wat die vyand steeds in my rigting afstuur. Omring my met u magtige teenwoordigheid; vul my met u glorieryke mag. Stry, Here, teen diegene wat teen my stry. Veg teen diegene wat teen my veg. Neem u spies en skild en kom my tot hulp. Neem ook u spies en strydbyl en sê vir my siel: "Ek is jou redding!"

© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com