God se HartklopVoorbeeld

MANJIFIEK
Psalm 105: 1-3
O Vader, U is manjifiek! Die hemel is u troon en die aarde is u voetbank. U hemele is vol van u grootheid, en u aarde is vol van u lof. Laat die hemele verheug wees, laat die aarde bly wees. Laat die see druis en ook alles daarin. Laat die velde jubel en alles daarop! Laat die bome van die bos juig voor die Here. Mag ek ook by hierdie koor van dank en lof aansluit. Dankie vir u manjifieke wonders; Dankie vir u manjifieke weë. Met een arm regeer U met krag en mag en verslaan my vyande; en met die ander arm hou U my versigtig naby U, soos 'n herder wat sy kudde versigtig oppas. Hoor my sê, manjifieke God, ek is bly; en ek is lief vir U met my hele hart!
© Chris Baxter Ð 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
