Leesplan inligting

RutVoorbeeld

Rut

DAG 19 VAN 27

Lees: Rut 3:14-18, 1 Tessalonisense 4:3-4

SOAP: Rut 3:14-15

Boas vertel Rut om by sy voete te lê, maar hy raak nooit aan haar en beskerm haar eerbaarheid deur sy dienaars te waarsku om haar te beskerm teen oneer. Kom ons wees eerlik: Boas toon uiterste selfbeheersing wat selde onder ryk, kragtige mans voorkom. Rut was 'n maklike teiken daardie aand in 'n donker kamer vol manne, maar hy het haar suiwerheid verdedig.

Seksuele reinheid is ontwerp deur God om ons te beskerm teen gebrokenheid van liggaam, verstand en siel. Die wêreld vertel ons dat die heiligheid wat in die Bybel uiteengesit is, outyds is en dat ons kan doen wat vir ons goed voel, maar om te kies om ons vlees te dien, sal altyd lei tot leegheid. Soos Boas en Rut, moet ons God dien en kies om ons vlees te ontken en te vertrou op God se tydsberekening.

Vader God, gee vir ons 'n suiwer hart wat U eerbiedig, selfs in donker hoeke waar niemand kyk nie. Mag ons U dien en ons liggaam, verstand en siel oorgee om U gebooie te gehoorsaam. Amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit ...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid