RUT 3:14-18

RUT 3:14-18 AFR83

Sy het toe by sy voete bly lê tot die oggend, maar voordat dit lig genoeg was om iemand te herken, het sy opgestaan, “want,” het Boas gesê, “dit moenie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie.” Hy het ook gesê: “Bring die tjalie wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe, en sy het na haar skoonma toe gegaan. Sy vra toe vir Rut: “Hoe het dit toe gegaan, my dogter?” Sy het haar vertel wat Boas alles vir haar gedoen het en gesê: “Hy het vir my hierdie ses en twintig kilogram gars gegee, want hy het gesê ek mag nie met leë hande by my skoonma aankom nie.” Naomi sê toe: “Wag maar en kyk wat nou gaan gebeur, my dogter. Die man sal beslis nie vandag rus voordat die saak afgehandel is nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor RUT 3:14-18

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid