Leesplan inligting

RutVoorbeeld

Rut

DAG 22 VAN 27

Lees: Rut 4:1-6

SOAP: Rut 4:5-6

Die losser wat eerste in lyn was, wou nie verantwoordelikheid neem nie, omdat dit nie in sy eie belang was nie. Om vir sy eie persoonlike behoeftes te sorg, het enige ruimhartigheid of opoffering om die behoeftige weduwee en haar skoondogter te dien, oorskadu. In plaas van om vorentoe te tree, het hy die verantwoordelikheid oorgegee aan Boas, en die seën verloor wat God vir die man van Rut gehad het. 

Wanneer ons 'n behoefte sien, is ons meer geneig om 'n tree terug te tree en dit veilig te speel om onsself te beskerm, of is ons opofferende diensknegte wat vorentoe tree om die behoeftiges te help? Boas het verstandig gekies, en God het hom oorvloedig geseën. Ons sal nooit weet wat God "dalk in ons lewens sou gedoen het," as ons toelaat dat ons vlees en vrees ons daarvan weerhou om ons geloof in aksie om te sit.

Here, help ons om vorentoe te tree om te dien, eerder as om selfsugtig te huiwer. Amen.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit ...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid