Leesplan inligting

RutVoorbeeld

Rut

DAG 25 VAN 27

Lees: Rut 4:13-16, Psalm 30:12

SOAP: Rut 4:14-15, Psalm 30:12

Dieselfde twee vroue wat rouklere gedra het en hulle mans se dood betreur het, is nou verheug oor die volle herstel wat God bewerkstellig het. Naomi se hartseer is in blydskap omskep. Die een wat die reis terug na God, gevul het met bitterheid begin het, is nou uitermate geseën. Wanneer ons verby ons pyn beweeg en voortbeweeg na God se doel vir ons lewens, is die eindresultaat altyd lof wanneer Sy verlossingsplan geopenbaar word.

Is jy nou besig om oor 'n verlies te rou? Vertrou dat jou dag van dans binnekort sal kom. Gaan voort om te vertrou in die God wat gebrokenheid neem en dit in skoonheid verander.

Verlosser God, ons prys U vir elke verlossingsdaad in ons lewens. Ons glo dat U die God is wat ten volle herstel, en die lig van U glorieryke verlossing in elke donker hoek van ons lewe laat stroom. Help ons om in U Voorsiening te vertrou terwyl ons wag vir U doel om vervul te word. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit ...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid