Ek Wag Hier vir U. 'n Adventsreis van HoopVoorbeeld

NEDERIGHEID PAS BY ALMAL
OORDENKING
Jesus is die Koning van konings, tog het Hy as 'n nederige dienskneg gekom. Nederigheid beteken nie dat jy minderwaardig is nie, dit beteken om nooit te vergeet dat dit Jesus is wat jou waardevol maak nie. Hoe word jy egter soos Jesus? Hoe ontwikkel jy 'n gees van nederigheid?
Nederigheid is die newe-produk van jou verbondenheid aan Jesus. Enigeen wat 'n intieme pad saam met Hom loop, sal nie méér van homself dink as wat hy behoort nie. Om deur Jesus liefgehê en genooi te word om in 'n verhouding met Hom te staan, is al wat ons nodig het om onsself in die regte lig te sien, sodat ons sy sagmoedigheid en genade kan aanneem.
Om nederig te wees, beteken nie dat jy swak is nie. God het jou alles gegee wat jy nodig het om selfversekerd, as sy kind, te lewe. Trotse mense sal nooit werklik God se Naam verhoog en prys nie. Daarteenoor, neem Hy die nederiges na nuwe hoogtes.
NABETRAGTING EN GEBED
'n Persoonlike Gebed van Nederigheid
Verlos my, Jesus, van die begeerte om geprys te word.
Verlos my, Jesus, van die begeerte om geëer te word.
Verlos my, Jesus, van die begeerte om erken te word.
Verlos my, Jesus, van die begeerte om geraadpleeg te word.
Verlos my, Jesus, van die begeerte om aanvaar te word.
Verlos my, Jesus, van die begeerte na troos en gemak.
Verlos my, Jesus, van die vrees om verneder te word.
Verlos my, Jesus, van die vrees om gekritiseer te word.
Verlos my, Jesus, van die vrees om geïgnoreer te word
Verlos my, Jesus, van die vrees om vergeet te word.
Verlos my, Jesus, van die vrees om alleen te wees.
Verlos my, Jesus, van die vrees om seergemaak te word.
Verlos my, Jesus, van die vrees vir lyding.
Jesus, gee my die genade om te begeer
Dat ander meer liefgehê kan word as ek.
Jesus, gee my die genade om te begeer
Dat ander erkenning kan ontvang en ek nie.
Jesus, gee my die genade om te begeer
Dat ander geprys kan word en ek nie opgemerk word nie.
Jesus, gee my die genade om dit te begeer.
O Jesus, sagmoedig en nederig van hart, maak my hart soos U s'n.
O Jesus, sagmoedig en nederig van hart, versterk my met u Gees.
O Jesus, sagmoedig en nederig van hart, leer my u weë.
O Jesus, sagmoedig en nederig van hart,
help my om my selfbelang ter syde te stel
sodat ek dié soort samewerking met ander kan leer
wat dit moontlik maak om die teenwoordigheid van u Vader se familie te ervaar. Amen.
Aangepas uit 'n gebed deur Rafael,
Kardinaal Merry Del Val, 1865—1930
Aangaande hierdie leesplan

Advent is, eenvoudig gestel, 'n tydperk van afwagting en voorbereiding. Sluit aan by prediker en skrywer, Louie Giglio, op 'n Adventreis, om te ontdek dat die wagtyd nie nutteloos is as jy op die Here wag nie. Gryp die geleentheid aan om die groot hoop te ontdek wat deur die reis van Advent aangebied word. Oor die volgende sewe dae sal jy vrede en bemoediging vir jou siel vind, soos wat afwagting oorgaan in feesviering!
More
Verwante Leesplanne

Verspotte Liefde met Francis Chan

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus

Glo God Is Goed — Ongeag

Om na God te Luister

Span Jou Tyd In Vir God

Die Terugkeer: Dit Is Nie Te Laat Nie En Jy Is Nooit Te Ver Nie

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
