Ek Wag Hier vir U. 'n Adventsreis van HoopVoorbeeld

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

DAG 6 VAN 7

JESUS ​​IS ONS FEES

OORDENKING

Jesus gee nie net vir jou wat jy nodig het nie; Jesus IS wat jy nodig het. Jou hart is deur Hom en vir Hom geskep. Jy kan baklei en vasklou om die wêreld te verkry, maar sonder Jesus sal jy nooit heeltemal tevrede wees nie.

As daar 'n toenemende ontevredenheid diep binne-in jou hart groei — 'n honger wat nie volkome deur mense, plesier, partytjies, materiële dinge of prestasies bevredig kan word nie — is vandag die dag om jou hart oop te maak vir die feit dat jy vir Jesus gemaak is. Jy moet van "minder" af wegstap en Hom vra om jou "meer" te word. Jesus is genoeg vir jou, en Hy is hier.

NABETRAGTING

O, Kom, Kom Immanuel

O, kom, kom, Immanuel,
En verlos die gevange Israel
Wat hier treur in eensame ballingskap
Totdat die Seun van God verskyn.

Juig! Juig!
Immanuel sal na jou toe kom, o Israel!

O, kom, nageslag van Isai,
Na u eie mense en red hulle!
Red u mense uit die hel,
En gee hulle oorwinning oor die dood.

Juig! Juig!
Immanuel sal na jou toe kom, o Israel!

Latyns, 12de eeu
Psalteriolum Cantionum Catholicarum, Köln, 1710
Vertaal deur John Mason Neale, 1818 — 1866.
Strofes 1 en 4

GEBED

Vader, U alleen weet hoe hard ek by mense en dinge van hierdie wêreld gesoek het vir bevrediging. Hulle is egter gebroke en ek ook. U alleen kan my honger hart vul. Net U het die liefde wat soos niemand anders s'n is nie. U verander nooit. Maak my oë vandag oop. Wys vir my u rykdom en glorie. Help my om U beter te leer ken. Laat my die fees van U sien wat voor my is, sodat ek myself in U kan verlustig. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

Advent is, eenvoudig gestel, 'n tydperk van afwagting en voorbereiding. Sluit aan by prediker en skrywer, Louie Giglio, op 'n Adventreis, om te ontdek dat die wagtyd nie nutteloos is as jy op die Here wag nie. Gryp die geleentheid aan om die groot hoop te ontdek wat deur die reis van Advent aangebied word. Oor die volgende sewe dae sal jy vrede en bemoediging vir jou siel vind, soos wat afwagting oorgaan in feesviering!

More

Baie dankie aan Louie Giglio, skrywer van "Waiting Here for You" (Passion Uitgewers), wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek www.passionresources.com