Ek Wag Hier vir U. 'n Adventsreis van HoopVoorbeeld

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

DAG 5 VAN 7

WEES STIL

'n Tyd van stilte terwyl ons met hoop op die Here wag.

OORDENKING

Rustige oomblikke is skaars en dit kan moeilik wees om stilte te vind, maar neem vandag 'n paar minute om in stilte en diepe oordenking oor die Here na te dink. Probeer om nie te lees of te studeer nie en moenie toelaat dat jou gedagtes afgelei word nie. Wees net stil en dink na oor die persoon, Jesus, en alles wat Hy vir jou gedoen het. Dink aan sy geboorte, sy kinderjare en die lig wat oor 'n donker en vermoeide wêreld begin skyn het. Dink na oor sy dood, sy opoffering en die gawe van die lewe wat Hy vir jou aanbied. Dink na oor sy opstanding, sy mag oor die duisternis en die graf. Verlustig jou in sy teenwoordigheid en soek sy aangesig in stilte. Dink na oor sy wederkoms, die dag wanneer jy Hom van aangesig tot aangesig sal sien.

NABETRAGTING

Neem 'n oomblik en wees stil voor Hom. Dink na oor Jesus en plaas jou vertroue in Hom.

GEBED

Vader, ek wag hier vir U. Ontmoet my in die stilte. Ontmoet my nou, hier. Ontmoet my in en deur u Seun en deur u Gees. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

Advent is, eenvoudig gestel, 'n tydperk van afwagting en voorbereiding. Sluit aan by prediker en skrywer, Louie Giglio, op 'n Adventreis, om te ontdek dat die wagtyd nie nutteloos is as jy op die Here wag nie. Gryp die geleentheid aan om die groot hoop te ontdek wat deur die reis van Advent aangebied word. Oor die volgende sewe dae sal jy vrede en bemoediging vir jou siel vind, soos wat afwagting oorgaan in feesviering!

More

Baie dankie aan Louie Giglio, skrywer van "Waiting Here for You" (Passion Uitgewers), wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek www.passionresources.com