Ek Wag Hier vir U. 'n Adventsreis van HoopVoorbeeld

ERE IN DIE HOOGSTE
OORDENKING
God het geen gelyke nie. Geen mededingers nie. Geen tekorte nie. Geen behoeftes nie. Hy het voor alle dinge al bestaan en aan die einde sal Hy die laaste Een wees wat oorbly. Die wêreld is gevul met "geringe" gode, maar óns God het die hemel en die aarde gemaak. Niemand kan met Hom vergelyk word nie. Niemand kom eens naby nie.
Loof en prys Hom terwyl jy vandag op Hom wag. Dalk lyk dit of jou omstandighede buite beheer is, maar Hy is beslis nog in beheer en op sy troon! Prys Hom terwyl jy wag. Verhef Hom terwyl jy wonder. Moenie vandag vir baie vra nie, hou net aan om die Naam bo elke naam te verhef. Laat daardie Naam jou hart en siel kalmeer. Laat jou lofprysing al die ander stemme verdoof wat om jou getrouheid en toegeneentheid meeding. Wanneer jy dit doen, sal jou lied jou gedagtes na die heel hoogste plek toe ophef.
NABETRAGTING
Ere in die hoogste
U is die eerste
U gaan vooruit
U is die laaste
Here, U is die toegif
U Naam is in ligte geskryf, vir almal om te sien
Die sterrehemel verklaar u glorie
Ere in die hoogste
Ere in die hoogste
Ere in die hoogste
Buiten U is daar geen god nie
Lig van die wêreld
Die helder môrester
U Naam sal skyn vir almal om te sien
U is die Een
U is my heerlikheid
Niemand anders kan ooit met U vergelyk word nie
Aan U, Here
verklaar die hele aarde saam ...
Ere in die hoogste ... aan U, Here
Die hele aarde sal u lof besing
Die maan en die sterre, die son en die reën
Elke nasie sal verkondig
Dat U God is en U sal regeer
Ere, ere, halleluja
Ere, ere aan U, Here
Ere, ere, halleluja
Halleluja
Chris Tomlin, Matt Redman, Jesse Reeves, Daniel Carson, Ed Cash
GEBED
Vader, wat sal ek vir U sê? U het geen gelyke of mededinger nie. My woorde en my gedagtes is so gering in vergelyking met U. Ek het die sterrenag gesien en dit kan nie kers vashou by u glorie nie. Vermeerder my geloof en gee my die woorde om u lof saam met ander te besing.
Alle lof behoort aan U, nou en vir altyd. Ek sal vandag in daardie waarheid wandel. Ek sal dit glo. Daarvolgens optree. Ook daarvolgens bid. Daarvolgens gee. En u lof besing omdat daar niemand soos U is nie. Amen!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Advent is, eenvoudig gestel, 'n tydperk van afwagting en voorbereiding. Sluit aan by prediker en skrywer, Louie Giglio, op 'n Adventreis, om te ontdek dat die wagtyd nie nutteloos is as jy op die Here wag nie. Gryp die geleentheid aan om die groot hoop te ontdek wat deur die reis van Advent aangebied word. Oor die volgende sewe dae sal jy vrede en bemoediging vir jou siel vind, soos wat afwagting oorgaan in feesviering!
More
Verwante Leesplanne

Verspotte Liefde met Francis Chan

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus

Glo God Is Goed — Ongeag

Om na God te Luister

Span Jou Tyd In Vir God

Die Terugkeer: Dit Is Nie Te Laat Nie En Jy Is Nooit Te Ver Nie

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
