Ek Wag Hier vir U. 'n Adventsreis van HoopVoorbeeld

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

DAG 1 VAN 7

* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.

PRESIES OP DIE REGTE TYD

OORDENKING

'n Verlosser is al eeue lank aan God se volk belowe. Hulle het daarna verlang en gebid om redding. Toe, op die regte dag, op die regte plek, op die regte tyd, is Jesus gebore. Al kom God selde op die tyd wanneer ons Hom verwag, kom Hy altyd op die regte tyd.

Ons almal wag op iets en wonder dikwels of God van ons vergeet het. Laat die geboorte van Christus jou aanspoor terwyl jy wag. Net omdat God nog nie (volgens jou) 'n uitkoms gegee het nie, beteken dit nie dat Hy jou verlaat het nie. Vir Hom is 'n dag soos 'n duisend jaar en 'n duisend jaar soos 'n dag. Op hierdie oomblik werk Hy tot sy eer en tot jou voordeel. Alhoewel die omstandighede nou anders lyk, gaan God op die regte tyd sy fyn uitgewerkte planne vir jou deurvoer. Moenie handdoek ingooi voor die tyd reg is nie.

Laat die krip vir jou hoop bring en weet dat jy geliefd is en waardeer word deur die God wat uit die hemel neergedaal het en op die regte tyd vir jou gekom het.

NABETRAGTING

Hoor die Blye Tyding!

Hoor die blye tyding! Die Redder het gekom,
Die Redder wat lank alreeds belowe is;
Laat elke hart 'n troon voorberei,
En elke stem 'n lied.

Hy kom die gevangenes vrylaat,
Wat deur die Satan in slawerny gehou word.
Die poorte van koper swaai voor Hom oop, 
Die ysterkettings breek.

Hy kom die gebroke hart verbind,
Die bloeiende siel genees,
Met die skatte van sy genade
Die nederige armes verryk.

Ons blye hosannas, Vredevors,
Sal u verwelkoming aankondig,
en die hemel se ewige boë sal sing
Van u geliefde Naam.

Philip Doddridge, 1702-1751

GEBED

Vader, ontmoet my terwyl ek wag op die plek waar ek verlang na dit wat ek nog nie ten volle kan sien nie. Kalmeer my hart en gee my die vermoë om te weet dat U naby is. Ek glo dat u planne goed is. Ek sien dit in die geboorte van u enigste Seun.

Soms sukkel ek om deur die newels om my te sien. Vernuwe my vertroue as ek na U kyk. Word verheerlik in my lewe tydens hierdie tydperk van afwagting. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waiting Here for You, An Advent Journey of Hope

Advent is, eenvoudig gestel, 'n tydperk van afwagting en voorbereiding. Sluit aan by prediker en skrywer, Louie Giglio, op 'n Adventreis, om te ontdek dat die wagtyd nie nutteloos is as jy op die Here wag nie. Gryp die geleentheid aan om die groot hoop te ontdek wat deur die reis van Advent aangebied word. Oor die volgende sewe dae sal jy vrede en bemoediging vir jou siel vind, soos wat afwagting oorgaan in feesviering!

More

Baie dankie aan Louie Giglio, skrywer van "Waiting Here for You" (Passion Uitgewers), wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek www.passionresources.com