MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Toe jy jou lewe vir Jesus gegee het, het jy 'n nuwe identiteit gekry. Jy het nie net 'n Christen geword nie; jy het 'n kind van God geword. Dit maak nie saak hoe jou verhouding met jou aardse vader is nie, jy het nou 'n perfekte vader in God — 'n Vader wat jou verstaan, vir jou omgee en jou meer liefhet as wat jy ooit kan dink.
Wanneer ons ons identiteit in ons hemelse Vader vind, hoef ons nie te aanvaar wat ander mense sê ons is nie. Die enigste persoon wat vir ons 'n naam kan gee is die Een wat ons geskep het. Ons verlede, suksesse, mislukkings en talente kan ons nie definieer nie.
Ons is meer as volgelinge van Christus; ons is seuns en dogters van die Koning van konings en die Here van alle here. Ons behoort aan 'n nuwe familie en is mede-erfgename met Jesus. Die God wat ons geskep het, noem ons sy kinders.
Ek is 'n kind van God en niks kan my identiteit verander nie!
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More