MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 3 VAN 31

Al leef ons volgens die roeping van God, sal ons lewe nooit perfek wees nie. As jy nou leef en asemhaal, is die kanse goed dat jy nou verlies, hartseer en mislukking ervaar of in die verlede ervaar het. 

Die waarheid is dat ons nooit 'n lewe sonder al hierdie dinge belowe is nie, maar God is getrou om ons deur alles te help wat ons moet deurmaak. Hy is altyd daar vir ons om op te steun en beskutting te vind en uiteindelik die oorwinning te behaal. 

God is kragtig; Hy kom niks kort nie. God begin deur ons perspektief te verander terwyl ons Hom deur sy Woord, gebed en aanbidding soek. Ons glo dat God getrou is. Hy sal altyd dit wat die vyand bedoel het om ons van Hom te skei, gebruik om ons nader aan sy teenwoordigheid te bring. Jesus bevry ons daarvan om net vir probleme te leef en help ons om uit sy belofte te leef. 

Ongeag hoe chaoties of moeilik ons lewens mag wees, kan ons weet dat ons meer as oorwinnaars is in ons huise, skole en families, as gevolg van wie Jesus is en omdat Hy altyd by ons is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/