MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Ons stel so dikwels ons roeping gelyk aan wat ons doen of vir God bereik. Ons meet onsself gebaseer op ons suksesse of mislukkings. As ons egter na die Skrif kyk, sal ons sien dat God se roeping vir ons lewe anders is as wat ons dink. Wanneer God van ons roeping praat, kies Hy om te kyk na wie ons is voordat Hy erkenning gee aan wat ons doen. Ons begeerte om Jesus te volg, groei wanneer ons in ons hart weet dat ons is wie Hy sê ons is.
Dink so daaroor. As jy 'n klein hondjie aanneem, sal dit tyd vat voor hy op sy nuwe naam reageer. Jy sal hom roep om te kom en geen reaksie kry nie. As die hondjie eers geleer het wat sy naam is, sal hy jou opdrag uitvoer en die volheid van jou liefde ervaar.
Dit is net so met ons verhouding met Christus. Wanneer ons ons naam ken, sal ons hoor as ons Meester na ons roep. Gehoorsaamheid sal nie meer 'n las wees nie maar 'n vreugde, want ons sal beskerming daarin vind en die volheid van sy liefde ervaar.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More