Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 8 VAN 21

Gepaste Antwoorde  

Het jy al ooit aan 'n gepaste antwoord gedink … omtrent vyf minute nadat jy dit nodig gehad het? Teen daardie tyd is die geleentheid verby; die oomblik sal nie weer kom nie en dis beter om jouself nie in die verleentheid te stel nie.

Jesus het baie goeie, gepaste antwoorde gehad — in der waarheid, die beste. Elke keer toe die duiwel Hom genader het, het Hy 'n antwoord reg gehad: "Daar staan geskrywe."

Hoe was dit moontlik dat Jesus hierdie kragtige antwoorde gereed gehad het vir die versoekings waarmee die duiwel na Hom toe gekom het? Voorbereiding. Daar word gesê as jy altyd gereed is, hoef jy nie gereed te maak nie. Hy was gereed toe die duiwel sy bes probeer het, deels omdat Jesus, soos elke goeie Joodse seun, groot hoeveelhede Skrifgedeeltes moes memoriseer toe Hy grootgeword het.

Wat sou gebeur as jy 'n groot klomp van die lewende, kragtige Woord van God diep in jou binneste bewaar? Dink jy dat jy ook sulke effektiewe, spesifiek-gepaste antwoorde soos Jesus sou kon gee? Sekerlik! Die Heilige Gees wat Jesus uit 'n geleende graf laat opstaan het, leef in jou en dieselfde Woord van God is beskikbaar aan elkeen van ons.

Jy moet hulle egter voor die tyd gereed hê. Jy kan nie wag tot die oomblik aanbreek nie — want teen die tyd wat jy dit nodig het, sal jy nie tyd hê om voor te berei nie. As jy nie 'n plan het van wat jy gaan doen as dit nodig is (as die duiwel jou versoek) nie, dan sal jy ten gronde gaan

Wanneer jy die Woord van God in jou binneste bewaar, maak jy gereed vir 'n dag van versoeking in die wildernis. Jy berei voor vir die oomblikke wanneer die lewe jou platslaan. As jy wag tot daardie dag aanbreek, is dit te laat. Onthou net, as jy nie beplan nie, sal jy misluk; as jy egter die voorbereidingswerk nou doen, sal jy STAANDE kan bly as die beproewing kom.

As jy jou tyd van vas ten beste wil gebruik, bring 'n groot deel daarvan deur deur te lees wat God vir sy volk gesê het. Bewaar dit diep in jou binneste, laat dit deel word van jou hele wese. Gebruik dit dan om te bid. Om God se eie Woord te gebruik om te bid, is die enigste goeie manier om te weet dat wat jy bid volgens God se wil is — Hy het dit immers self geskryf! 

Onthou altyd die beste, gepaste antwoord van alle tye begin so: "Daar staan geskrywe!"  

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com