Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 8 VAN 21

Hoekom het Jesus die nagmaal ingestel?

Matteus 26:26 sê: "En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: 'Neem, eet; dit is my liggaam,'" sodoende het Hy die pasga in die eerste nagmaal omskep. Hy is die sentrale teenbeeld in beide seremonies, waar Hy die simboliese verteenwoordiging is van die lam wat gedurende die pasga geslag is, en ook in die elemente van die nagmaal simbolies verteenwoordig is. Sy stelling: "dit is my liggaam" kon nie daardie aand deur die dissipels in enige letterlike sin verstaan word nie. Hierdie beeldspraak was tipies van Judaïsme. Geen wonderwerk in die nagmaalviering of letterlike verandering van hierdie uitdrukking was bedoel nie, ook kon die dissipels nie die simboliese betekenis van sy stelling verkeerd verstaan het nie, want sy ware liggaam — tot nog toe nie gebroke nie — was tog voor hulle oë.

Toe Hy die beker wyn geneem het, het Hy gesê: "dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word" (vers 28). Verbonde is deur die bloed van 'n offer bekragtig (Genesis 8:20, 15:9, 10). Jesus het met sy woorde Moses se uitsprake in Eksodus 24:8 geëggo. Die bloed van die nuwe verbond was nie dié van 'n dier nie, maar Christus se eie bloed wat Hy vir die vergifnis van ons sonde gestort het. Sien Jeremia 31:31-34, Hebreërs 8:1-10, 18, veral 8:6. Hierdeur het Hy die onderhouding van die nagmaal as 'n gesaghebbende opdrag van aanbidding gevestig (1 Korintiërs 11:23-26). Die pasga het vooruit gewys na die offer van Christus; Hy het die nagmaal in 'n algehele verskillende seremonie omskep, wat in herinnering terugwys na sy versoeningsdood.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV