Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 6 VAN 21

Wat moet 'n gelowige se ingesteldheid teenoor lyding wees?

In 2 Tessalonisense 1:4 praat Paulus van die Tessalonisense se "volharding en geloof". Hul groei in geloof en liefde was by uitstek sigbaar op die manier waarop hulle in volharding en geloof vyandigheid en lyding van die vyande van Christus verduur het. Dit was nie eens nodig om daaroor te praat nie, want die Tessalonisense se lewens was 'n duidelik genoeg bewys (1 Tessalonisense 1:8), maar Paulus se vreugde oor hul volharding het voor die Here opgeborrel.

Die regte ingesteldheid teenoor lyding (vers 5) is noodsaaklik en daardie ingesteldheid is van belang vir die koninkryk van God. Hulle was nie selfsentrerend nie, maar het op die koninkryk van God gekonsentreer. Hulle het dus nie klem gelê op persoonlike gemak, vervulling en geluk nie, maar op die verheerliking van God en die vervulling van sy doelwitte. Hulle het nie gekla oor die onregverdigheid van hul vervolginge nie. Inteendeel, hulle het in geduld die lyding verduur wat hulle nie verdien het nie (vers 4). Juis hierdie ingesteldheid was 'n "geopenbaarde bewys" of duidelike stawing dat die wyse proses van God om hulle deur lyding te suiwer, te reinig en volkome te maak, het gewerk om sy geliefde volk vir die koninkryk waardig (2:12) en gereed te maak (Jakobus 1:2-4, 1 Petrus 5:10).

Gelowiges moet beproewinge verwag (1 Tessalonisense 3:3) namate hulle lewe en 'n Christelike karakter in 'n sataniese wêreld ontwikkel. Daar moet nie aan lyding gedink word as bewys dat God hulle verlaat het nie, maar as bewys dat Hy met hulle is en hulle gereedmaak (Matteus 5:10, Romeine 8:18, 2 Korintiërs 12:10). Die Tessalonisense het dus gewys dat hul verlossing wat slegs deur geloof in die Here Jesus Christus teweeg gebring is, opreg was, want hulle was net soos Christus, gewillig om ter wille van God en sy koninkryk te ly. Hulle het onregverdige lyding as voorwerpe van die mens se woede teen Christus en sy koninkryk verduur (Handelinge 5:41, Filippense 3:10, Kolossense 1:24).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid