Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 5 VAN 21

Mag 'n mens vir God bevraagteken?

Toe Moses hoor God wil hom as die leier of bevryder van Israel uitstuur, was sy reaksie "Wie is ék ...?" (Eksodus 3:10-11). Hierdie vraag is 'n uitdrukking van onbevoegdheid vir so 'n ernstige sending. Dit klink ook redelik, want nadat Moses al 40 jaar uit Egipte afwesig was, wat kon hy wat maar 'n blote herder uit Midian was, op sy terugkeer doen?

Het Moses die grens van 'n redelike vraag tot onredelike twyfel in vers 13 oorgesteek? God het geduldig geantwoord toe Hy aan Moses opdrag gegee het oor wat Hy sou doen en wat die resultate daarop sou wees, insluitende dat die Egiptenare nie sy volk met leë hande sou wegstuur nie (vers 21). Die leser moet egter versigtig wees om nie Moses se houding van die begin van die gesprek tussen hom en die Here as heeltemal verkeerd te beskou nie.

Ja, Israel mag vra wat God se naam is om die geldigheid vas te stel van Moses se verklaring dat hy deur die God van hul voorvaders gestuur is. As hulle dus vra "Wat is sy Naam?" beteken dit hulle wil weet wat die toepaslikheid van die Naam tot hul omstandighede is — wat die karakter, kwaliteit of wese van die persoon is. Daarop is God se antwoord: "Ek is wat Ek is" (vers 14). Hierdie naam van God verwys na God self — sy bestaan en ewigheidsduur; dit dui aan: "Ek is Hy wat is en wat was en wat kom" (Openbaring 1:8). Die betekenisvolheid in verband met "Die Here die God van julle voorvaders" kan onmiddellik waargeneem word. Hy is dieselfde God deur die eeue heen!

'n Reaksie van Goddelike woede kom eers teen die einde van Moses se vrae en besware in 4:14 voor toe hy verby die punt van navrae tot protes beweeg.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid