Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld
Platsak mense kan nie ander seën nie.
Lukas 10 vertel die verhaal van 'n Joodse man wat aangeval is en vir dood langs die pad gelos is. Verskeie mense het by hom verbygegaan. Toe kom 'n Samaritaanse man daar aan. Die Samaritaan was die enigste een wat tot die Joodse man se redding gekom het. Die Samaritaan het die voorrade gebruik wat hy by hom gehad het — olie, wyn en twee dae se loon — om die gewonde man te help.
Die Samaritaan kon ander seën omdat hy nie sy geld onverstandig spandeer het nie. Hy was nie net in staat om die gewonde Joodse man te behandel nie, hy het hom boonop geseën! Die Samaritaan het die man na 'n herberg geneem en aan die herbergier twee silwer munte gegee om die koste van die man se versorging te dek. Hy het ook belowe om die herbergier te vergoed indien die gewonde man se uitgawes meer is.
Die Samaritaan was bereid om vrygewig te wees en God kon daardeur iemand anders seën. Ons kan immers nie ander seën as ons nie goeie rentmeesters van ons eie finansies is nie. Wanneer ons kies om ons geld te spaar, eerder as om alles te spandeer, is ons toegerus om ander te help. Jy kan nie iemand seën as jy platsak is nie.
Dink hieroor:
1. Wat sal jy vir God kan doen as geld nie 'n kwessie is nie?
2. Sou jy in staat wees om iemand wat dit nodig het, finansieel te help?
3. Hoe kan jy vandag begin spaar?
Bid:
Jesus, dankie vir al die maniere waarop U vir my voorsien. Help my om die geld wat U aan my toevertrou het, beter te bestuur sodat ek alles kan doen wat U my vra.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning
More
We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc