Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld
Getrouheid lei tot verantwoordelikheid.
'n Goeie finansiële beplanner hou nie die geld wat hy van sy kliënte ontvang nie. Hy belê dit verstandig, sodat hy sy kliënte meer kan bied as wat hulle voorheen gehad het. Op dieselfde manier is ons verantwoordelik om te belê wat God ons gegee het.
Toe Jesus die aarde verlaat het, het Hy elkeen van ons in beheer geplaas van 'n gedeelte van sy hulpbronne. Jesus kom terug, en in Matteus 24 vergelyk Jesus sy terugkeer met 'n eienaar wat sy dienaars in beheer van sy huishouding geplaas het. Soos die eienaar in die Bybelverhaal, sal Jesus ons aanspreeklik hou vir wat aan ons gegee is. Aan diegene wat God kan vertrou om geld verstandig te gebruik, sal meer gegee word, en aan diegene wat hy nie kan vertrou nie, sal minder gegee word. God kies nie gunstelinge nie. Hy wil hê dat sy rykdom gebruik sal word om die grootste impak te maak voordat Jesus terugkom.
As 'n finansiële beplanner die geld van sy kliënte vir homself neem, sal hy nie lank besigheid doen nie. Dieselfde geld vir ons. God is geneig om meer rykdom aan mense te gee wat dit vir sy koninkryk gebruik, nie net vir hulself nie. Wanneer ons met 'n bietjie getrou is, wys dit dat ons met baie vertrou kan word.
Dink hieroor:
1. As jy jou eie finansiële beplanner was, sou jy jouself afdank? Hoekom of hoekom nie?
2. Hoe was jy getrou met dit wat aan jou gegee is?
3. Op watter drie maniere kan jy begin om met 'n bietjie getrou te wees om jou sodoende voor te berei om in baie getrou te wees?
Bid:
Jesus, dankie dat U my met u rykdom vertrou. Wys my hoe U wil hê dat ek dit moet dit belê om U die meeste te verheerlik.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning
More
We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc