Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 26 VAN 28

God misluk nooit nie.

Wanneer ons iets liefhet, doen ons enigiets daarvoor. Die liefde vir geld lei mense daartoe om dom besluite te neem, omdat ons enigiets sal doen om meer te hê. Ongeag hoe nuut ons fone is, hoe groot ons huise of hoe baie ontwerpersetikette ons in die kas het, sal ons nooit tevrede wees nie. As ons ontevrede voel met wat ons het, doen ons dinge soos om 'n lening vir 'n nuwe motor uit te neem, al het ons een wat heeltemal goed ry. Ons maak onwyse beleggings, omdat ons beloftes glo wat te-goed-is-om-waar-te-wees.

Die Bybel vertel die verhaal van 'n Israelitiese seun genaamd Moses wat van die dood gered is en deur die dogter van die Farao, die owerste van Egipte (Eksodus 2), grootgemaak is. Hy is in armoede gebore en deur die hoogste koninklikes aangeneem. Moses kon 'n maklike lewe van koninklikheid gekies het, maar hy het God meer liefgehad as geld. Al het hy in 'n paleis grootgeword, het Moses die luukse lewe prysgegee om God se roeping vir sy lewe te volg en het hy die Israeliete op 'n 40-jaar trek deur die woestyn gelei. Dit was nie 'n luukse lewe nie, maar Hebreërs 11:25-26 word van Moses die volgende gesê: "Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. Die smaad ter wille van die Christus het hy 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het."

Geld sal ons nooit tevrede stel soos die liefde van Jesus nie. Nuwe goed word oud. God sal ons egter nooit faal of verlaat nie. Laat ons dus met 'n goeie werk tevrede wees, en nie lenings aangaan om dinge aan te skaf wat ons nie nodig het nie. Laat ons meer tyd met ons families deurbring en doen wat God wil hê ons moet doen.

Dink hieroor:
1. Is jy tevrede met wat jy het of verlang jy gedurig na meer? Hoekom?
2. Dink aan die swakste finansiële besluit wat jy al ooit geneem het. Wat was die rede vir daardie besluit of aankoop?
3. Het jy vir God liewer as vir geld? As Hy jou vra om al jou besittings prys te gee, sal sy liefde vir jou genoeg wees?

Bid:
Jesus, u liefde bring meer tevredenheid as enige besittings. Help my om meer tevrede te wees met wat ek het en om ons verhouding eerste te stel.
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc