Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld
Gee jou beste.
Markus, een van Jesus se volgelinge, het die verhaal vertel van 'n vrou wat 'n baie duur fles parfuum gebreek het en dit oor Jesus se voete uitgegiet het. Dit was nie sommer gewone winkelparfuum nie. Dit was meer as 'n jaar se salaris werd!
Jesus het die oorvloed van haar geskenk gesien en dit in Markus 14:6 "'n goeie daad" genoem. Ongelukkig het ander mense in die vertrek nie haar optrede as 'n goeie daad beskou nie. Hulle het verontwaardig begin kla dat haar parfuum verkoop en die geld aan die armes gegee moes word.
Wanneer ons die Woord van God glo en ons beste aan Hom gee, gaan mense dink ons is gek. Wanneer ons nougeset spaar en dan daardie geld weggee, gaan mense dink ons is gek. Die vraag wat ons almal moet beantwoord, is na watter stem ons wil luister. Is ons gewillig om die Bybel se opdragte en die aansporing van die Heilige Gees te volg, selfs al lyk ons 'n bietjie gek?
Net soos die vrou in Markus se verhaal, hoef ons nie bang te wees om baie te gee nie, want Jesus gee buitensporig baie vir ons. Deur aan die kruis vir ons sondes te sterf, het Jesus ons alreeds oorvloedig geseën. Hoekom sou ons nie die vrymoedigheid hê om ook oorvloedig te gee nie?
Dink hieroor:
1. Wat is die buitensporigste geskenk wat jy al ontvang het? Hoe het jy op soveel vrygewigheid gereageer?
2. Die vrou in Markus 14 is 'n goeie voorbeeld van hoe dankbaarheid tot vrygewigheid lei. Waarvoor is jy vandag dankbaar?
3. Hoe kan jy vandag aan iemand in oorvloed gee?
Bid:
Jesus, U het alreeds vir my die mees buitensporige geskenk gegee. U kruisdood het 'n skuld betaal wat ek nooit sou kon betaal nie. Dankie dat U vir my in oorvloed gee, en help my om oorvloedig vir ander te gee.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning
More
We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc