LydenstydSample
Saterdag
Lees: Matteus 27:62-66
SOAP: Matteus 27:66
"Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly."
Oordenking
Baie min is opgeteken oor die Saterdag tussen Jesus se dood en opstanding. Dit was ’n sabbatdag, dus het baie min gebeur. Mense het nie gewerk nie, en mag nie eens reise onderneem het nie. Die dissipels mag dalk uit die openbare oog probeer bly het. Hulle het probeer om die gebeure van die vorige dag te verwerk en te besluit wat om volgende te doen.
Die Joodse leiers het egter Jesus se woorde en sy belofte om weer op te staan onthou. Alhoewel hulle Hom nie geglo het nie, het hulle die krag van sy invloed verstaan en geweet sy volgelinge is lojaal. Hulle het gevra dat Romeinse soldate die graf moes bewaak en het die graf met ’n groot klip beveilig.
Hulle het nie geweet wat sou gebeur nie. Hulle het die graf verseël om te verhoed dat die dissipels Jesus se liggaam sou steel, maar wat hulle nie verwag het nie, was dat Jesus weer sou opstaan. Terwyl hulle besig was om die graf te verseël, was Jesus besig om die redding te verseël van diegene wat hul geloof in Hom sou stel. Hy het gesterf en was vir ’n tyd lank dood sodat Hy die dood eens en vir altyd kon oorwin.
As ons oor hierdie gebeure nadink, kan ons ondersoek hoe ons reageer wanneer dit lyk of God stil is. Saterdag sit tussen die aakligste dag in die geskiedenis en die heerlikste dag in die geskiedenis. Maar niks het gebeur nie. Hoe reageer ons wanneer ons lewensomstandighede tussen verwoesting en herstel is? Dit is nie maklik om geduldig vir verlossing te wag nie, maar hiervan kan ons seker wees: Dieselfde God wat vir Jesus uit die dood opgewek het, werk nog altyd. Dit maak nie saak hoe lank dit neem nie, mag ons volgelinge van Jesus wees wat standvastig bly — selfs in die duisternis, onsekerheid en stilte.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More