YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 38 OF 43

Palm Sondag

Lees: Lukas 19:28–44

SOAP: Lukas 19:38

"Hulle het gesing: 'Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!"'

Oordenking

Hierdie week gaan ons die verhaal van die kruisiging lees wat begin met Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem en met sy opstanding eindig. Terwyl Jesus op pad na Jerusalem was, het ‘n skare hul klere op die pad oopgegooi en God geprys vir die magtige werke wat hulle gesien het. Hulle was oortuig dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is. Hulle was bly omdat hulle beloofde Verlosser gekom het. Hulle het sy woorde geglo — geglo dat Hy deur God gestuur is en geglo dat Hy hulle beloofde Messias is.

Tog, na hierdie triomfantlike oomblik skryf Lukas hoe Jesus oor Jerusalem geween het. Hy het baie wonderwerke gedoen en sommige mense het geglo en Hom gevolg, maar Jesus het geween oor Jerusalem en oor die mense wat Hom verwerp omdat Hy gekom het om al die verlorenes te red. Baie het egter nie geglo dat Hy die beloofde Messias, die Koning van Israel, was nie.

Toe Hy Jerusalem binnegaan, het Jesus geweet waarheen Hy op pad was. Hy het geweet dat Hy sy dood en groot lyding in die gesig staar, maar sy hart was by die verlorenes. Sy hart was op ons, die sondaars gerig, wat van God geskei is en nie in staat om onsself te red nie. Hy alleen verdien al die eer.

Jesus sal nie ophou om jou te soek totdat jy jou geloof in Hom plaas nie. Wat weerhou jou om Hom vandag met jou redding te vertrou? As jy Hom reeds vertrou het om jou sondes te vergewe en vir jou die ewige lewe saam met Hom te gee, wat weerhou jou daarvan om Hom ten volle te vertrou met wat jy ook al vandag in die gesig staar? As Hy bereid was om vir jou sonde te sterf, dink jy nie Hy is bereid om vir jou alles te gee wat jy vir vandag en môre nodig het nie?

Scripture

Day 37Day 39