LydenstydSample
Heilige Donderdag
Lees: Johannes 13
SOAP: Johannes 13:34–35
“Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Oordenking
Die aand voor sy dood het Jesus ‘n maaltyd saam met sy dissipels gedeel. Hy het verlang om hierdie Pasga saam met sy dissipels te vier en hulle het die kamer en die maaltyd voorberei voor hulle bymekaar gekom het.
Daar was egter meer aan hierdie Paasmaaltyd as wat die dissipels verwag het. Dit was die laaste maaltyd wat hulle saam met Jesus sou deel, voordat Hy gekruisig en opgewek sou word. Baie van die dinge wat Jesus gedurende daardie aand gedoen en gesê het, was aanvanklik onverstaanbaar vir die dissipels, maar later het hulle begryp. Jesus het hulle voete gewas en daardeur vir hulle gewys dat hulle mekaar moet dien en liefhê. Hy het Judas uit die huis gestuur, wetende wat hy gaan doen. Hy het ook Petrus se verloëning voorspel en Hy het vir hulle ‘n nuwe verbond gegee, ‘n nuwe gebod wat op sy bloed gevestig was.
Jesus was op die punt om ‘n nuwe verbond met die volk te sluit, maar hierdie verbond was anders. Dit was nie afhanklik daarvan dat beide partye hul kant van die ooreenkoms sou hou nie, want dit het ten volle op Jesus berus. Jesus het alles gegee sodat ons die lewe saam met Hom kan hê. As gevolg van wat Hy vir ons gedoen het, is ons harte gretig om sy opdragte uit te voer en Hom met ons lewens te eer.
Die nuwe gebod wat Jesus die aand voor sy dood gegee het, was om mekaar lief te hê. Ons wys die liefde van Christus op die manier waarop ons liefhet. Terwyl ons Paasfees nader, kan jy nadink oor die maniere waarop jy ander liefhet. Sal dit duidelik wees vir iemand wat jy pas ontmoet het dat jy ‘n volgeling van Jesus is, uitsluitlik gebaseer op hoe jy ander liefhet? Kom ons vra God om ons harte met sy liefde te vul sodat ons ware volgelinge van Jesus kan wees en sy liefde aan die wêreld kan wys.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More