YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 1 OF 43

Welkom by ons Leesplan: Lydenstyd

Die lewe is vol verskillende tydperke. Sommige van hierdie tydperke gebeur natuurlik, terwyl ander gekies word. Sommige word bepaal deur die kalender of die weer, en ander daag sonder enige waarskuwing op.

Lydenstyd is ‘n tydperk om leeg te maak, prys te gee, skoon te maak en selfs te sterf. Lydenstyd is ‘n tydperk waarin ons berou oor ons sonde uitspreek en dankbaarheid dat Jesus gewillig was om te sterf sodat ons vergewe kan word.

Lydenstyd is ‘n tyd om tot stilstand te kom en ruimte in ons lewens te skep vir ons verhouding met God.

Bekommernisse oor ons lewens en liggame neem dikwels ons gedagtes so in beslag dat ons nie meer ruimte vir God oorhet nie of aan Hom dink nie. Lydenstyd bied ons egter elke jaar ‘n doelbewuste tydperk om daardie ruimte te skep.

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou” Markus 8:34–35.

Sluit in hierdie leesplan by ons aan met ‘n joernaal, digitale bronnebundel, of op ons "Love God Greatly"-toepassing. Daar sal jy ooreenstemmende inhoud vir Lydenstyd: ‘n Tydperk om Nader aan God te Kom aantref — asook plasings in webjoernale en gemeenskapsgroepe — terwyl ons doelbewus tydens Lydenstyd ruimte skep vir God om ons te vul.

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde. Hierdie periode van veertig dae weerspieël ander belangrike tydperke in die Skrif — byvoorbeeld die 40 dae wat dit tydens die vloed met Noag in die ark gereën het, die 40 jare wat die Israeliete in die woestyn geswerf het en die 40 dae wat Jesus in die woestyn gevas het — en is 'n tyd wanneer ons doelbewus tot stilstand kom en vir ons verhouding met God ruimte in ons lewens skep. Ons lewens is dikwels so vol aktiwiteite en ons liggame so vol kos dat ons geen ruimte vir God het nie. Lydenstyd gee ons egter elke jaar 'n doelbewyste tydperk om daardie ruimte beskikbaar te maak.

Alhoewel ons leessplan ses weke lank is, dek Lydenstyd 'n periode wat 'n bietjie langer is. Lydenstyd begin op Aswoensdag en duur tot Paassondag. Vir sewe weke lank dink ons na oor wat dit beteken om onsself leeg te maak, sodat ons met Christus gevul kan word. Tradisioneel is die bedoeling dat daar gedurende die week vir ses dae gevas word, met Sondag as 'n feesdag. Hierdie gebruik herinner ons dat, terwyl ons fokus op die hartseer van Christus se dood en die rede daarvoor, kan ons ook vier dat Hy reeds deur sy dood en opstanding die oorwinning behaal het.

In aanloop tot Paasfees, gaan ons in die volgende ses weke sommige van die tradisionele temas van Lydenstyd bestudeer. Dit sluit vas, om gevul te word, bekering, liefdadigheid en die drie dae voor Paassondag in. Wanneer ons vas, fokus ons daarop om dinge te verwyder wat ons aandag aflei en van God af wegtrek. Dan fokus ons daarop om die ruimte wat ons geskep het, met die lees van die Bybel, gebed en ander geestelike dissiplines te vul. Ons sal bekering beoefen en die belangrikheid daarvan begryp, en die vryheid wat ons daarmee bekom. Wanneer ons op liefdadigheid fokus, sal ons sien hoe geloof na vore kom wanneer ons gee en dat dit verteenwoordig hoe ons onsself leegmaak om met Christus gevul te word. Laastens sal ons die drie dae voor Paassondag bestudeer, waar ons sal fokus op die donkerte wat deur ons sonde veroorsaak is, en hoe ons vier wat Jesus vir ons gedoen het.

Kom ons neem deel aan hierdie eeue-oue tradisie van nabetragting oor en die viering van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus.

Namate ons in hierdie Lydenstyd vorder, kan ons ons harte oopmaak om te sien wat God vir ons wil leer. Kom ons neem deel aan hierdie eeue-oue tradisie van nabetragting oor en die viering van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus.

Scripture

Day 2