YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 5 OF 43

Om God te Eer

Lees: Psalm 1; Joël 2:12–14; 1 Korintiërs 10:31

SOAP: 1 Korintiërs 10:31

"Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God."

Oordenking

As ons gelowiges in Christus is, is die doel van ons lewens om God te eer. Ons lewens moet aan ander sy liefde, deernis en genade wys, asook sy heiligheid, geregtigheid en barmhartigheid. Vas is een van die dissiplines waaraan ons kan deelneem om meer te leer oor wie God is en wat sy plan vir ons lewens is.

Vas herinner ons dat ons nie in staat is om onsself te onderhou nie. Alhoewel ons kos nodig het om liggaamlik te oorleef, is God die Een wat ons waarlik onderhou. Hy is soos die strome water wat 'n boom voed. Hy gee wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het.

Deur te vas, erken ons dat ons lewensmiddele van God af kom. Dit open ons oë om te sien dat Hy alleen in elke behoefte van ons voorsien of dit fisiek, verstandelik, emosioneel, geestelik of in ons verhoudings is. Hy gebruik dikwels ander middele om hierdie behoeftes te vervul, soos kos, bemoediging, gemeenskap, sy Woord of familie — maar Hy is uiteindelik die Voorsiener. Wanneer ons vas, sien ons hoe leeg en swak ons sonder sy sorg en voorsiening is.

Vas herinner ons aan God se karakter, want sonder afleidings kan ons beter bewus word van ons behoefte aan God en erken hoe sondig ons harte sonder Hom is. Ons kan staatmaak op sy barmhartigheid en deernis om ons te onderhou, in plaas daarvan om ons vertroue in mense of dinge te plaas.

Wat ons dus ook al doen, of dit is om te vas of fees te vier, mag ons harte daarop gefokus wees om aan God die eer te bring. Ons hele doel is om Hom te verheerlik, om soos 'n boom by waterstrome in Hom gewortel te bly. Kom ons hou aan om na Hom te kyk as Voorsiener in al ons behoeftes.

Day 4Day 6