LydenstydSample
Dit is Nou die Tyd
Lees: Lukas 5:33–35
SOAP: Lukas 5:35
“Daar sal ‘n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae, sal hulle vas.”
Oordenking
Jesus is dikwels oor vas uitgevra. Die beoefening van vas was alreeds ‘n algemene geestelike praktyk onder die Jode en ook ander volke (soos in Nineve in gister se Skriflesing). Soos met baie ander praktyke, het die Joodse godsdiensleiers egter ‘n verwronge en verdraaide betekenis oor vas gehad. In plaas daarvan om God te eer, het vas ‘n manier geword om vir ander te wys hoe geestelik hulle was.
In ‘n poging om Jesus vas te trek, het die godsdiensleiers Hom oor vas uitgevra. Johannes se dissipels het dikwels gevas, en die godsdiensleiers wou weet waarom Jesus se volgelinge nie ook vas nie. Jesus se antwoord gee egter vir ons ‘n duidelike riglyn hoe ons vas behoort te benader.
Toe Jesus by sy dissipels was, was dit nie vir hulle nodig om te vas nie. Ons vas egter omdat Jesus nie meer liggaamlik by ons is nie, want die taak van sy eerste koms het Hy afgehandel en is besig om vir sy wederkoms gereed te maak.
Om te vas herinner ons dat ons niks sonder God is nie. Dit vergroot ons verlange na die ewigheid en herinner ons hoe leeg ons sonder Hom is. Ons vas en bid met ‘n opregte verlange dat Hy alles sal kom herstel en verlos.
Dit is nou die tyd om te vas. Dit is nou die tyd om ons harte na ons opgestane Verlosser te keer. Dit is nou die tyd om sy liefde, ontferming, deernis en genade te onthou. Dit is nou die tyd om te onthou dat ons niks sonder Hom is nie. Dit is nou die tyd om te onthou en mekaar te herinner aan God se aangrypende genade en die oorwinning wat Hy vir ons gee!
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More